1. Jy is 'n Suid-Afrikaanse burger.
2. Jy aanvaar dat die reëls en bepalings van "Boer Soek 'n Vrou 19" (die program), soos van tyd-tot-tyd neergelê sal word deur WOLFLIGHT (die "vervaardiger") en/of kykNET (die "uitsaaier"), bindend is en jy aanvaar dat die besluite van die vervaardiger/uitsaaier finaal is.
3. Jy aanvaar dat jou regte in terme van die Kopieregwet, wet 98 van 1978 (soos gewysig), toegewys word aan die vervaardiger/uitsaaier en dat jou volle deelname aan die program opgeneem en uitgesaai mag word en dat die regte op hierdie uitsendings in die toekoms aan die vervaardiger/uitsaaier behoort, wat jou toewysing aanvaar.
4. Jy verklaar dat al die inligting wat in jou aansoekvorm verskaf is, waar en korrek is en jy aanvaar dat jy gediskwalifiseer kan word as die teendeel blyk en dat die vervaardiger en/of uitsaaier die inligting in jou aansoekvorm in die program mag gebruik.
5. Jy verstaan dat die vervaardiger/uitsaaier nie aanspreeklik is vir enige verlies wat spruit uit jou inskrywing, of jou deelname aan enige aspek van die program nie.
Let daarop dat daar van jou verwag sal word om ‘n volledige stel bepalings en voorwaardes te onderteken sou jy gekies word vir deelname aan “Boer Soek ‘n Vrou 19”