Na die sukses van die vorige “Boer Soek ‘n Vrou” reekse, maak ons weer so! Niemand is gemaak om alleen te wees nie, so ons nooi jou uit om deel te neem aan "Boer Soek ‘n Vrou 19". Ontmoet ons 10 nuwe boere wat liefde soek. Kyk of een van hulle dalk jou oog vang! As die stilte en die natuurskoon van ‘n plaas jou roep, as jy graag ‘n boer aan jou sy wil hê, is hierdie dalk net die geleentheid vir jou! Die “Boer Soek ‘n Vrou 19” reeks sal bestaan uit 15 een uur episodes, voorafgegaan deur insetsels wat op kykNET uitgesaai sal word wat die boere bekendstel sodat hulle potensiële metgeselle kan werf. Foto’s van ons 10 boere kan gesien word op die volgende webblad: www.kyknet.tv asook op die Boer Soek ‘n Vrou-Facebookblad.DIE INSKRYWINGS SLUIT 27 NOVEMBER 2026.
Let asseblief daarop dat daar van jou verwag sal word om ‘n volledige stel bepalings en voorwaardes te onderteken as jy gekies sou word vir deelname aan “Boer Soek ‘n Vrou 19”.
Hierdie vorm moet deur jou onderteken word. Jy moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees. Indien jy geskei of ‘n weduwee is, moet ‘n afskrif van die skeidokument of sterftebewys aangeheg word. Vorms wat nie onderteken is nie, of wat geen foto’s of ID dokumente of briewe insluit nie, sal nie oorweeg word nie. ONTHOU, jy mag net vir EEN boer inskryf.
Please click on the "Submit Application" button to submit your application form.
Record yourself displaying your musical talent.