1. Wat is Kokkedoor? Kokkedoor is kykNET se wenformaat waar ons op soek is na die perfekte kombinasie van onthoukok en kinkelkok om Suid-Afrikaanse onthoukos die 21ste eeu in te neem. Dit gaan oor daardie perfekte kombinasie van vernuwing en onthou, van oud en nuut, van nostalgie en die onbekende. 2. Hoe oud moet ek wees om deel te neem? Ten minste 18 jaar oud op die dag van die oudisie. 3. Kan enigiemand inskryf? Ja, enigiemand ouer as 18 wat ’n Suid-Afrikaanse of Namibiese burger is met ’n geldige ID-dokument. 4. Kan ons as ’n paar of span inskryf? Nee 5. Waar word die oudisies gehou? Oudisies sal in Bloemfontein, Gauteng en Kaapstad gehou word van 24 tot 28 Junie 2024. Dit kan na meer sentra uitbrei afhangende van die verspreiding van aansoeke ontvang. 6. Hoe skryf ek in? Kry die aansoekvorm by kyknet.tv/kokkedoor of stuur ‘n e-pos aan navrae@kokkedoor.tv Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Junie 2024. 7. Hoe werk die keuringsproses? Finaliste sal uitgenooi word na ‘n oudisie waar jy jou braaivernuf sal wys aan ‘n keuringspaneel, waarna jy ‘n filmtoets sal doen. 8. Hoe lank is die oudisies? Maak jouself maar reg vir die hele dag aangesien mens nie kan voorspel wat gaan gebeur nie. Deelnemers moet ook bereid wees om weer terug te kom vir meer vrae, as dit van hulle verwag word. 9. Kan ek inskryf al het ek al kook-kursusse gedoen? Daar is geen beperkings nie – al het jy hoeveel ondervinding, of nie, ons gaan tradisionele kokke kies en ervare, kreatiewe sjefs, om die deelnemers te wees. So: almal kan inskryf – los dit vir ons om te kies wie gaan deur! 10. Wie mag inskryf vir Kokkedoor? Enigiemand wat dink hy of sy kan goed braai, of kreatief met kos op en in die vuur omgaan, kan inskryf. Maak ook nie saak of jy baie of min of geen opleiding of ondervinding het nie. 11. Hoe lank gaan ek uit die werk en van die huis af wees? Verfilming vind plaas van 18 Julie tot 14 Augustus in die Wes-Kaap. 12. Moet ek my resepte uit my kop uit ken en kan maak? Dit sal baie indrukwekkend wees, maar jy kan jou staatmaker boeke en resepte saambring – geen probleem! 13. Wanneer sal ek weet of ek deur is na die oudisierondte? Met die ontvangs van jou inskrywing sal jy ‘n regstrasienommer terug ontvang – dis vir enige navrae later. Indien jy niks van ons hoor teen 30 Junie 2024 nie, was jou inskrywing ongelukkig nie suksesvol nie. Onthoubraaier – die entoesias ‘n Onthoubraaier is ‘n vurige braai-entoesias met ‘n diep liefde vir kosmaak oor die kole en ons land se braai-leefstyl. Jy is behoorlik met ‘n braaitang in die hand gebore. Jy beskik egter oor geen formele sjefsopleiding of ervaring in ‘n professionele kombuis nie. Wat jy wel het is ‘n reputasie as ‘n uitstekende braaier en goeie all-rounder kok. Kinkelbraaier – die pro ‘n Kinkelbraaier is die kos-pro’s, goed-opgeleide sjefs met professionele kwalifikasies en bewese ervaring in ‘n erkende restaurant/professionele kombuis. Jy span jou gevorderde koskennis, tegniese vaardighede en kreatiwiteit in om finesse en vernuwing na die vuur te bring. Sluitingdsatum vir aansoeke: 15 Junie 2024 Dis baie belangrik om alle kos-kwalifikasies en ervaring in ‘n kombuis, anders as jou eie huiskombuis, te verklaar. Indien jy enigsins onseker is oor die kategorie waarbinne jy val, kontak ons gerus, of merk by die kategorie Onseker. Die beoordelaars sal jou in die geskikte kategorie indeel volgens hul oordeel. Hulle beslissing is finaal.
Sluit asseblief ‘n video van jouself in waar jy meer van jouself vertel by jou braaiplek of vuurmaakplek. Onthou ons wil jou beter leer ken en meer van jou weet! Gesels gerus oor jou liefde vir kos oor die vuur, waar jy leer kosmaak het, wie inspireer jou, wat is jou kosdrome? Hoekom dink jy jy is ‘n goeie kandidaat vir Kokkedoor Vuur en Vlam Seisoen 2? Laat iemand dit sommer op ‘n selfoon doen solank ons jou goed kan sien en hoor. Maksimum 4 minute lank.
Kliek op dien in hier onder om jou aansoek te voltooi.