Woon of werk jy op ‘n plaas? Is jy ongetroud en op soek na jou ideale maat? Dink jy jy kan beter doen as die 170 Boere wat al deel was van die reeks? Skuif nader, want kykNET maak hulself reg vir die 18de reeks van Boer Soek ‘n Vrou. Ons is op soek na boere wat bereid is om ‘n kans te waag op liefde! Skryf NOU in om deel te word van die legende van Boer Soek ‘n Vrou. Manlike én vroulike boere van alle ouderdomme is welkom om in te skryf. Vat ‘n kans, jy kan dalk net jou hart verloor!
Indien jy inskryf, verklaar jy die volgende:
Jy is 'n Suid-Afrikaanse burger.
Jy aanvaar dat die reëls en bepalings van "Boer Soek 'n Vrou 18" (die program), soos van tyd-tot-tyd neergelê sal word deur WOLFLIGHT (die "vervaardiger") en/of kykNET (die "uitsaaier"), bindend is en jy aanvaar dat die besluite van die vervaardiger/uitsaaier finaal is.
Jy aanvaar dat jou regte in terme van die Kopieregwet, wet 98 van 1978 (soos gewysig), toegewys word aan die vervaardiger/uitsaaier en dat jou volle deelname aan die program opgeneem en uitgesaai mag word en dat die regte op hierdie uitsendings in die toekoms aan die vervaardiger/uitsaaier behoort, wat jou toewysing aanvaar.
Jy verklaar dat al die inligting wat in jou aansoekvorm verskaf is, waar en korrek is en jy aanvaar dat jy gediskwalifiseer kan word as die teendeel blyk en dat die vervaardiger en/of uitsaaier die inligting in jou aansoekvorm in die program mag gebruik.
Jy verstaan dat die vervaardiger/uitsaaier nie aanspreeklik is vir enige verlies wat spruit uit jou inskrywing, of jou deelname aan enige aspek van die program nie.
Jy moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees. Indien jy geskei of ‘n wewenaar of weduwee is, moet ‘n afskrif van die skeidokument of sterftebewys aangeheg word. Inskrywings met geen foto’s of ID dokumente en ander aangevraagde dokumente, sal nie oorweeg word nie.
Klik op die knoppie "Dien aansoek in" om u aansoekvorm in te dien. As jy vashaak asb skakel 079 614 2229.